rft nuus Augustus 2014 August 2014 | Page 4

Kinderkerk Hallo Maatjies! Vir die wat nog nie weet nie, ons hou Kinderkerk elke Sondagoggend om 09:00 agter in die saal. Al die maatjies van Peuters tot Graad 7 is welkom om dit by te woon. Ons volg die Woord-gebaseerde kinderkerk kurrikulum van die Gemeentes van Christus. Elke maatjie ontvang sy eie boekie wat asb. Sondae moet saamkom klassie toe. Aan die einde van die jaar kry elke maatjie 'n sertifikaat vir bywoning deur die jaar. Ons het ook ‘n botteltjie projek waar die maatjies ‘n botteltjie vol lekkergoed kry, MAAR hulle moet dit terugbring vol muntstukke, dan kry hulle weer 'n botteltjie met lekkergoed in, en so aan. Al die geldjies word gebruik vir uitstappies en om ‘n lekker afsluiting aan die einde van die jaar te hou. Ons sien uit daarna om al die maatjies Sondag by kinderkerk te sien. Groete Kinderkerk Personeel Die ICU Jeug groep van Emmanuel Aanbiddingsenstrum strek die jaar vir die eerste keer in jare hul voelers uit na 'n NUWE BEGIN!! Alhoewel die jaar baie vinnig en kort voel op dieselfde tyd, het ons het verskeie fondsinsamelings aangepak, wat deur die krag van Jesus, baie suksesvol was. Onder andere, om te blikskud, 'n deurnag te hou en “Cappuccino en muffins” te verkoop. Ons het Vrydag, 27 Junie gaan rofstoei kyk saam met pastoor Desmond en tannie Channie – dit was 'n ongelooflike “anderste” belewenis. Op 25 Julie was ons jeug genooi na die C.Y.M. (Christian Youth Movement) jeug groep in Toekomsrus, dit was 'n baie lekker experience, en hul het baie goeie gees! Ons beplan ook verskillende aktiwiteite vir die jaar wat voorlê en ons ICU groep vat weer die aand diens oor op 31 Augustus, en ons glo uit ons harte dat God ons weer so gaan bless soos Hy die 27ste Julie gedoen het. Ons nooi u hartlik uit om dit saam ons te kom geniet!