Die beste ding wat ‘n mens kan
doen, is om net te luister. Gaan
sit by die persoon sonder om leë
trooswoorde te uiter soos julle moet
berus, tyd sal wonde heel, die
Here pluk die mooiste blommetjies
en julle moet sterk wees.
Die persoon het baie vrae soos
hoekom laat die Here dit toe
en hoekom gebeur dit met my?
Moenie probeer antwoorde verskaf
nie; bied net ‘n skouer en ‘n oor.
Dit is nie jou rol om die persoon
se smart te verlig nie!
Onthou dat rou ‘n proses is en
nie ‘n tegniek nie. Dit kan soos
volg uiteen gesit word.
1. Die fase van skok:
Duur: ‘n Paar uur tot 2 dae
Simptome:
Ontkenning en ongeloof.
Hoe? Waar? Wanneer? Skok
met gepaardgaande kouekoors,
naarheid, moegheid en hoofpyn.
Aanvanklik is die skok só groot dat
dit onwerklik voel, asof jy net ‘n nare
droom beleef en môre sal alles weer
normaal wees. Dit is soos ‘n volstruis
wat sy kop in die sand steek en die
werklikheid nie wil beleef nie.
2. Die fase van aggressive en/
of ingehokte beheerstheid.
Duur: 3-7 dae en eindig gewoonlik
na die begrafnis of vertrek van
familie en vriende wanneer die lewe
weer sy normale gang gaan.
Simptome: Passief en geirriteerd met
alles, onwerklikheidsgevoel, voel
soos droom wat afgespeel het, ‘n
leegheid of doodsgevoel, selfs ‘n
vyandigheid teenoor die geliefde
omdat hy/sy nie versigtiger/
gesonder gelewe het nie. Die
persoon in rou kan kwaad wees vir
die mediese personeel en ook vir
God (omdat Hy dit toegelaat het).
In die geval van selfmoord is die
w