IMAGE: 123RF.COM
ARTICLE / DÉCOR
SIELKUNDIGE
ONS ALMAL
SE PAD
GESKRYF DEUR DR. LEONORA DE VILLIERS
I
n ons moderne samelewing is dit
baie maklik om iets te vervang
wat gebreek is of verlore geraak
het. Ongelukkig is niemand teen die
dood gevrywaar nie en ons almal
besef in ‘n stadium van ons lewe
dat ons nie ‘n geliefde sommer by
die naaste winkel kan gaan vervang
nie. Daar ontstaan ‘n diep leemte en
gemis by die geliefdes wat agterbly.
As mense het ons ‘n natuurlike
oorlewingsdrang. Vanaf die fetus wat
groei, die baba wat kruip tot die
talle pasiënte in hospitale en mense
wat vir kanker of MIV behandel
word. Ons is gegear vir lewe,
voortplant, energie en geniet.
Die dood is die teendeel van lewe
en niks kan ons regtig voorberei vir
die skok en trauma van die verlies
van ‘n geliefde nie. Tot op die einde
bly ons wanhopig glo dat die dokters
ons geliefde sal kan red.
Die intensiteit van die skok en
trauma van die afsterwe word
bepaal deur hoe die persoon dood
is, die verwantskap met die persoon
asook die persoonlikhede van dié
wat agterbly. Skielike dood, soos
om iemand deur misdaad en moord
te verloor, is ‘n geweldige skok. Om
‘n kind aan die dood af te straan, is
PAGE 28 / NORTHERN HILLS / EASTER ISSUE 2015
die mees traumatise belewing ooit
(Molie-Molie-oorlewende se mees
onlangse verhaal). Ouers het ‘n
droom van ‘n gradeplegtigheid, troue
en kleinkinders en skielik spat hierdie
droom in skerwe en hierdie skerwe
steek deur hul harte.
“NAVORSING
TOON DAT
BAIE HUWELIKE
NIE DIE
EMOSIONELE
TRAUMA
VAN KIND
SE AFSTERWE
OORLEEF NIE”
Met siekte is daar darem ‘n
voorbereidingstyd, hoewel ons almal
steeds bly vasklou aan Hoop.
Navorsing toon dat baie huwelike
nie die emosionele trauma van
kind se afsterwe oorleef nie. Ouers
treur op verskillende maniere en
bespreek dikwels nie hul gevoelens
met mekaar nie. Gewoonlik treur die
man na binne en die vrou gee uiting
aan haar emosies deur te huil. Die
man weet gewoonlik nie hoe om sy
vrou te vertroos nie en onttrek. Hy wil
ook nie oor die afgestorwene praat
nie ten einde nie sy vrou te ontstel
nie. Die vrou voel dan gewoonlik
dat haar man aanbeweeg het en
haar nie emosioneel ondersteun of
saam met haar treur nie. Die egpaar
begin uitmekaar beweeg (emosioneel
afgestomp raak) en die verhouding
eindig in die skeihof indien hul
nie berading kry en doeltreffende
kommunikasievaardighede aanleer
nie.
Die moderne samelewing en
werkplek staan soms ook onsimpatiek
teenoor die persoon wat rou. Daar
word van daardie werknemer verwag
om binne sy werksomgewing sy
emosies te beheer - en tog is dit juis
hier die veilige plek tussen kollegas
waar die persoon soms meer
ondersteuning nodig het omdat daar
geen ander ondersteuningstelsels is
nie. Produktiwiteit en uitsette geniet
die voorrang.
Wat kan ek doen om my
medemens te help/uit te reik?
WWW.NORTHERNHILLS.CO.ZA