Northern Hills Magazine 2015 Easter Issue | Page 32

ELKE SITUASIE IS VERSKILLEND EN ELKE PERSOON ERVAAR DIT ANDERS 2. Kind se dood: Die rouproses verloop anders ná die dood van ‘n kind. Dis gewoonlik baie langer en in ‘n sekere sin word dit nooit afgehandel nie. Dit sou beter beskryf word deur te sê dat mense net leer hoe om met die proses saam te leef. Omdat jou kind nader aan jou is as enigiemand anders (selfs jou man of vrou is nie bloedfamilie nie) is dit altyd ‘n meer intense rouproses. Mans rou gewoonlik meer rasioneel en vroue meer emosioneel. Omdat albei ouers baie seer het, sukkel hulle om mekaar by te staan en bestaan daar ‘n groot gevaar om uit mekaar te dryf. Ouma’s en oupa’s kry dubbel so swaar omdat hulle die hartseer van die dood van hul kleinkind en die seer van hul eie kind beleef. 3. Hulpverlening: Moenie dinge sê soos: Ek verstaan presies waardeur jy gaan” nie. Elke situasie is verkillend en elke persoon ervaar dit anders. Moenie belagrike besluite soos om die huis te verkoop of beleggings te maak, uit die persoon se hande PAGE 30 / NORTHERN HILLS / EASTER ISSUE 2015 uit te neem nie. Gewoonlik kan al die besluite wag en die persoon het nodig om oor die skok te kom voordat hy of sy self rasionele besluite kan maak. Moenie voorskriftelik wees nie, maar luister baie. Gee die persoon langdurige ondersteuning in plaas daarvan om direk na die dood verskriklik betrokke te wees en na die begrafnis geen betrokkenheid te toon nie. 4. Vertroosting: Doen dinge wat jou sal help om die werklikheid te besef. Gaan kyk byvoorbeeld na die lyk en praat oor wat gebeur het. Moenie die feite ignoreer nie. Ervaar jou emosies: moet dit nie onderdruk nie. Huil en skreeu as jy so voel. Doen gedagtenisviering deur die herinneringe aan die persoon lewendig te hou. Besef dat dit normaal is om botsende emosies te ervaar. Pasop vir ander se verwagtings. Neem jou eie pas. Moenie foto’s wegbêre en maak of die persoon nooit bestaan het nie. Moenie na medikasie of alkohol gryp om jou warboel emosies te onderdruk nie. Dr Leonora de Villiers is ‘n gesiene en ervare sielkundige van Johannesburg. Sy bied beradingkursusse en ander “YOU HAVE NOT LIVED UNTIL YOU HAVE DONE SOMETHING FOR SOMEONE WHO CAN NEVER REPAY YOU” JOHN BUNYAN PEER BULLETIN NO 97 (OCTOBER 1, 2002) opleiding aan vir belangegroepe soos onderwysers, beraders of ondersteuningsgroepe en instansies. Besoek haar webwerf www. leonoradevilliers.co.za vir meer inligting en kontakbesonderhede. NH WWW.NORTHERNHILLS.CO.ZA