LANDBOU
LANDBOU
3.
3. Die Engelbrecht-gesin op Klipfontein. Van links staan Frikkie, met Thinus op sy skouers, Renieldda, Frikkie se vrou, Erick met Nina op sy skouers en Elana, Erick se vrou.
gegaan en later op Piketberg, maar as ek op Elandsbaai gebly het, was ek vandag nog in die skool,” spot hy as hy na sy jongdae op die see verwys.
“ Hulle sou in elk geval die skool moes toemaak omdat die getalle so gedaal het, maar toe sit my ma ons drieling in die skool en kon dit verder gaan.” Mettertyd was daar 100 kreefbakkies, wat sy pa die grootste private kreefkwotahouer gemaak het, asook twee diepsee-treilers, en was hulle goed in die visbedryf gevestig. Hulle het ook die Elandsbaai Hotel bedryf.
Die kreefgeld kon later help om plase te koop en in’ n stadium het sy pa en broers plase in die Eendekuil-, Elandsbaai- en Piketberg-omgewing gehad waar hulle met aartappels, graan, beeste en skape geboer het.
“ In’ n stadium het ons met renperde geboer en van hulle het groot pryse gewen. Perde vat net te veel geld en alles wat jy maak, gaan in hulle in. Vandag is hier nie meer’ n perd in sig nie, buiten by Maans wat met miniatuurperdjies teel,” vertel Frikkie.
MARKtoe! September 2026 9