LANDBOU
LANDBOU
“ Hier is baie Frikkies in die familie, Wit en Rooi, Lelik en Mooi Frikkies... dit raak een te veel,” spot Frikkie en’ n mens kom sommer gou agter dat sy humor vlak lê en dat jy moet fyntrap.
Van kreefbakkies tot Klipfontein
Sy pa, Willie, en ma, Jacoba, het in die 1950’ s na Elandsbaai gegaan om kreef te vang en het daar’ n lewe begin uitkap.
“ Toe ek en my twee broers, ons is’ n drieling, Maans, die oudste, Ponkie en ek, die jongste, nog klein was, het ons alleen met die kreefbakkies seetoe geroei om kreef te gaan vang. Daar het ons van harde werk geleer en hoe om te oorleef,” vertel Frikkie.
Hulle was sewe kinders en almal leef nog, met die drieling Frikkie, Maans en Ponkie wat almal naby mekaar boer.“ Ons het op Elandsbaai grootgeword en aanvanklik daar skool-
2.
2. Erick met’ n hand vol aartappelmoere, die hooffokus van hul boerderybedrywighede.
8 MARKtoe! September 2026