MARKtoe! September 2026 - Uitgawe 141 | Page 7

LANDBOU
LANDBOU

1.

FRIKKIE ENGELBRECHT | KLIPFONTEIN

Hy is eintlik as hotelbestuurder op Elandsbaai grootgemaak, maar soos dinge maar in die lewe uitwerk, het Frikkie Engelbrecht mettertyd hom as’ n aartappelprodusent en graanboer in die Eendekuil-omgewing gevestig.

“ Maar dit het baie vir Pa beteken in die boerdery en dit is een van die redes hoekom die boerdery so suksesvol is,” beaam Frikkie se seun, Erick, terwyl ons om die tafel in die voorhuis van Klipfontein Boerdery en Koelkamers buite Eendekuil gesels.

Onder die tafel lê’ n wyfiekat, ja, ook Frikkie en een van omtrent vyf“ Frikkies” in die familie, rustig in die laatwintersonnetjie, terwyl skoondogter Elana’ n wakende oog oor die gesprek hou. Sy is immers daarvoor verantwoordelik dat die boeke van die besigheid klop en daar kan nie sommer enigiets gesê word nie.

1. Frikkie Engelbrecht, eienaar van Klipfontein, Clinton Mouton, takbestuurder van Agrimark Eendekuil, en Erick, Frikkie se seun, op die plaas.

MARKtoe! September 2026 7