LANDBOU
LANDBOU
Frikkie vertel dat hy nie eintlik plaas toe wou kom nie en eerder in hul hotel op Elandsbaai wou werk, maar hy is aangesê om te kom boer. Ná matriek en sy diensplig is hy in 1984 toe soontoe, iets waaroor hy vandag nie spyt is nie.
“ My pa se hart was op Klipfontein, en hy het gebly waar Maans vandag woon. Onderverdelings het gevolg en ons bly ook op’ n Klipfontein, ook bekend as Nuweplaas Klipfontein.”
Aartappels word deel van die boerdery
“ Ons reis met aartappels het daardie jare al op Elandsbaai begin. My broer het aartappels op Elandsbaai en Lambertsbaai geplant en ons het die eerste spilpunt, wat in daardie jare maar skaars was, in 1980 hier op Klipfontein opgesit om die aartappels te besproei. Ons het in 1989 hier begin boer en in 2000 op Klipfontein Boerdery en Koelkamers ingetrek toe die koelkamer opgerig is.”
4.
4. Die koelkamer waarin aartappels op die plaas geberg word, huisves hierdie tyd van die jaar net’ n handjievol aartappels, maar is vir’ n groot gedeelte van die jaar vol – met tot 30 000 sakke aartappels.
10 MARKtoe! September 2026