LANDBOU
LANDBOU
5.
Tans plant hulle sowat 25 ha aartappels, hoofsaaklik weens’ n tekort aan voldoende water. In 2023 / 24 het hulle sowat 16 ha geplant, maar sedertdien gaan dit weer beter, hoewel hulle water na die landerye moet pomp, wat‘ n duur operasie is.
“ En ons plant net een keer per jaar, in die winter, sodat die aartappels genoeg natuurlike water kan kry. Ons begin in Maart en April en haal dan in Augustus en September uit. Die aartappels word in rye geplant wat 760 mm uitmekaar is en sowat 50 000 knolle word 240 mm uitmekaar op elke hektaar met’ n planter geplant.”
Moere eerder as tafelaartappels
“ Ons plant hoofsaaklik twee variëteite, Avalanche en Foxy, en dit werk goed vir ons. Ons is hoofsaaklik moerkwekers en
5. Die aartappels word onder spilpunte gekweek.
MARKtoe! September 2026 11