MARKtoe! September 2026 - Uitgawe 141 | Page 59

LANDBOU

“ Alles werk deur SAFEX en ons is aan vraag en aanbod, die buiteland se pryse en voorraad op die wêreldmarkte uitgelewer. As daar baie voorraad is en dit goedkoop ingevoer kan word, betaal hulle ons niks meer as daardie pryse nie. Die binnelandse verbruik van koring is dubbeld soveel as wat ons kan produseer. Dan word die res goedkoop ingevoer en ons ly onder daardie pryse. Op die oomblik verdien lupiene meer geld as koring. En dis ironies. Jou graan vir dierevoer is duurder as broodkoring vir menslike gebruik. Dis mos net verkeerd om,” sê hy.

Hy sê hulle kan hul koring reg deur die jaar bemark, op verskillende tye as die pryse reg is. Jy kan ook jou hele oes verkoop voordat dit geplant is, maar die risiko’ s raak groot.“ Die groot gevaar hiermee is dat as jy dit verkoop het, moet jy dit lewer en as jy dit nie het nie, moet jy dit iewers anders gaan koop. Jy kan dus verkoop teen’ n prys, maar as die prys styg, dan het jy niks en moet jy inkoop. Dit is papierkoring en kan teruggekoop word as jy wil, maar teen die heersende pryse wat dan geld.”

Vee is ook deel van Ruigtevlei

LANDBOU

“ Die lengte van die aar word in die eerste 30 dae ná opkoms bepaal. Dit is’ n kritieke tyd in die groeiproses.”

Cassie vertel dat graan darem nie al is waarmee hy boer nie en dat hy ook’ n vleismerinokudde en’ n klompie Rooi Angusbeeste het. Die beeste laat hy op onbeweide vleie loop. Sy jongste dogter, Elana, stel baie hierin belang en wil hom meer daarmee help as sy nie in oestyd op die stroper is nie of besig is met haar studies in projekbestuur wat sy aanlyn by die Universiteit Stellenbosch se bestuurskool doen nie.

Cassie meen hulle het min peste en plae en die grondgesteldheid is oor die algemeen goed. Soms word swakker kolle be-

MARKtoe! September 2026 59