LANDBOU
LANDBOU
9.
9. Cassie gebruik sy vliegtuie om sy landerye uit die lug te inspekteer en het reeds meer as 200 vliegure agter die blad.
handel en word daar gespuit, maar dit is nie hul grootste uitdagings nie. Spuitwerk word soms met vliegtuie gedoen, veral as dit baie nat is. Vliegtuie gebruik slegs 30 l spuitmiddel / ha vir swamme teenoor 150 l met’ n trekker.
Nog baie voetspore hier
Toe hy gevra word of hy, as hy 60 jaar gelede geweet het wat hy nou weet, weer dieselfde pad sou stap, is sy antwoord onmiddellik“ ja”.
“ Ons kan nie iets anders hier doen nie omdat jy deur omstandighede beperk is. Ons kan dalk meer diere aanhou, maar ek is nie juis’ n diereman nie en meer’ n graanman. As jy diere het, saai jy eintlik maar net vir hulle. Ek is’ n saaiou wat daarvan hou om met implemente te werk wat ek self kan herstel. Diere kan nie groot rekeninge betaal nie en jy het groot landerye nodig vir die voer.
“ Ek het hier grootgeword en my eerste treë hier gegee. Saam met my vrou, Antoinette, en die ander twee dogters, Twanette en Nadene, gaan ons hopelik nog baie voetspore hier op Ruigtevlei trap.”
60 MARKtoe! September 2026