MARKtoe! September 2026 - Uitgawe 141 | Page 58

LANDBOU
LANDBOU

8.

8. Prentjiemooi lê Ruigtevlei se koringlande.

“ Aan die begin van die seisoen word die aarlengte bepaal en of dit’ n kort of lang aar gaan wees, met tot 10 syhalmpies. As dit’ n swak blomseisoen is, kan daar twee, drie of vier pitte in die bakkies wees, maar daar kan nog bykom soos die seisoen vorder, as daar genoeg vog is. Ses pitte is alreeds’ n goeie aar, maar tot 10 pitte kan ook vorm, wat die opbrengs verder verbeter. Hoe langer die aar, hoe meer pitte en hoe groter die uiteindelike opbrengs. In die stoelstadium kan nog halms vorm. So kan daar van een pit ses halms vorm wat ses are stoot. Die gevolglike vermenigvuldiging is groot, maar nou in die droë tyd gaan syhalms dood en net een of twee bly oor. Die lengte van die aar word in die eerste 30 dae ná opkoms bepaal. Dit is’ n kritieke tyd in die groeiproses. Alles moet reg wees en jy kan maar net jou beste doen,” verduidelik Cassie die proses.

Die somme agter koring

Oor die koringpryse is hy ook gedweë omdat niemand eintlik iets daaraan kan verander nie.

58 MARKtoe! September 2026