MARKtoe! September 2026 - Uitgawe 141 | Page 57

LANDBOU
LANDBOU

7.

7. Clinton Mouton, takbestuurder van Agrimark Eendekuil( regs), het Cassie op die plaas besoek om te kyk hoe die graan vorder.

“ As jy in die seisoen langs die plante staan en’ n blink druppel wat aan die blaar se punt hang, sien, is dit nie’ n doudruppel nie. Dit is’ n druppel wat die plant uitstoot om te wys hy het genoeg vog. Dit gebeur feitlik daagliks vandat die plant opgekom het tot voordat die plant lank raak en voordat hy begin aar stoot. Elke oggend hang daardie druppel daar. Dit lyk soos dou, maar is blink en helderder as dou.”

Hy sê vanjaar het goed begin en hulle was positief.“ Dit was baie nat in Mei met die groot storm en ons kon vir’ n week lank nie verder saai nie, en dis uitsonderlik. Maar die weervoorspellers het mos gesê dit gaan’ n droë winter wees met laat reën. Ek weet net nie wanneer dit volgens hulle laat is nie. Dis nou al baie laat.”

Hy verduidelik dat die koring nou pitte moet vorm omdat dit klaar geblom het, maar vog is daarvoor nodig. Hy wys aan die hand van’ n aar hoe die bakkies gevorm is waarin die pitte groei.

MARKtoe! September 2026 57