MARKtoe! September 2026 - Uitgawe 141 | Page 55

LANDBOU
LANDBOU

6.

6. Cassie is’ n graankenner en wys hier na die are in een van die lande op Ruigtevlei. Agter staan Clinton Mouton van Agrimark Eendekuil en regs Danie Keet, skrywer vir MARKtoe!

Cassie is egter positief oor die inhaal van sulke skuld. Met een of twee goeie oeste en goeie pryse is’ n mens weer daar. Elke produsent se gelykbreek is anders omdat almal ander skuldbehoeftes het. Hy vertel dat as hy geld oor het, hy goeie tweedehandse implemente koop, daarvoor betaal en dan is hy klaar.

Cassie het nie soos sommige ander boere in die Eendekuilomgewing rooibostee waarop hy kan terugval nie.

“ Rooibos het sandgrond nodig en ons het’ n bietjie, maar dit is min. Die teegrond lê meer anderkant die rivier by Eendekuil. Ons grond is te hard en jy kan nie groot gaan daarmee nie.”

Hy meen dat die seisoene effens verander het en dit het hul bedrywighede se siklus ook geraak.“ Gewoonlik was die optimale saaityd van Paasnaweek af, wanneer ons die eerste reën gekry het, tot in Mei. Die eerste 20 dae van Mei was goed en

MARKtoe! September 2026 55