MARKtoe! September 2026 - Uitgawe 141 | Page 54

LANDBOU
LANDBOU

Reën bepaal die ritme

Hy vertel dat die laaste sopnatjaar in 1989 was en van toe af was daar’ n tydperk van 10 jaar waarin reën maar min was. In 1996 was dit weer’ n uitskieterjaar met baie water.

“ In my tyd is ons al deur drie siklusse. In die drie jaar agtermekaar, 2003, 2004 en 2005, is ons basies onderdeur in terme van die reën. Dan moet jy die vierde jaar weer die moed hê om voor te begin en weer te saai. Dis nogal erg. In 2017 was dit weer so en almal het dit maar swaar gehad. Daardie jaar het ons net 100 kg geoes. Dit was omtrent net saad wat ons teruggeoes het.

“ Dan reën dit weer en as ons twee goeie jare na mekaar kry, soos die afgelope twee, dan gaan dit weer goed en kan ons ons skuld betaal en weer probeer.

“ In 2017 het ons niks gehad nie, maar as jy net terugkry wat jy ingesit het, is almal mos tevrede. Jou skuld is betaal en jy het nog’ n jaar gelewe, maar as jy ingesit het en niks of baie min terugkry, is dit wanneer die moeilikheid begin.”

Die luukse 4-ster Arniston Spa Hotel is ' n rustige 2-uur se ry vanaf Kaapstad en is bekend as een van die wêreld se beste wegbreekplekke.

Kom Ontspan in Arniston

Kom bederf jouself in ons ontspanningspa, geniet uitstekende kookkuns in ons restaurante en verken die ongerepte kuslyn en kindervriendelike strande.
Besprekings
Tel 028 445 9000 info @ arnistonhotel. com www. arnistonhotel. com