LANDBOU
LANDBOU
’ n bietjie dieper bewerk omdat ons deesdae mos alles net met die planter doen. So word jou grond al minder geroer, maar ons gronde wil maar so elke vyf jaar’ n bietjie dieper bewerk word.’ n Mens kan sien die grond het dit nodig.”
Volgens Cassie krap hulle net een keer en plant terselfdertyd. Hulle werk die kweek op die sandgedeeltes dood en plant al meer as 10 jaar op hierdie manier. Hy sê dit trek al ligter, maar die ondergrond raak vas soos die seisoene loop. Gelukkig is die grond in hul omgewing redelik oop en staan daar min water as dit die slag baie reën.“ So twee jaar gelede het dit’ n slag baie gereën, maar die water het net vir’ n uur of twee gestaan voordat dit weer weggesak het. Ons gemiddelde reënval hier is in die omgewing van 200 mm, waar dit vroeër jare by die 300 mm gedraai het.”
5. Cassie inspekteer die koringkorrels wat reeds gevorm het en nou verder moet ontwikkel.
5.
MARKtoe! September 2026 53