LANDBOU
LANDBOU
4.
4. Lupiene word as wisselbougewas gebruik, maar ná die oes dien die korrels wat agterbly as voer vir die skape.
Met sy twee vliegtuie het hy al meer as 200 vliegure onder die gordel en gebruik hy dit ook om sy landerye uit die lug te inspekteer, benewens natuurlik die lekker van rondvlieg. In sy jongdae het hy ook gifbespuitings gedoen, maar hy glo die gifstowwe is nie goed vir’ n mens nie en het dit gestaak.
Wisselbou hou die grond aan die gang
“ In die 1990’ s het ek Welgegund bygekoop. Dit lê’ n entjie verder terug en ses jaar gelede het ek ook die buurplaas van my oom, wat aan Ruigtevlei grens, bygekoop. Nou saai ek op sowat 1 300 ha van die 2 000 ha in totaal. Ek wissel dit af met koring, lupiene en kanola, met koring die hooffokus. Jy kan net nie meer as die helfte koring saai nie, want dan werk die wisselbou nie lekker uit nie. Jy kan ook nie aanmekaar kanola plant nie en moet eintlik alles maar wissel.
“ Ek saai twee jaar koring, wissel dit dan met lupiene of kanola en probeer elke jaar 200 ha net braak laat lê, net skoonmaak en
52 MARKtoe! September 2026