LANDBOU
Van familiegrond tot Ruigtevlei
LANDBOU
“ Ek het in 1989 hier begin boer saam met my pa, Bosman. Ons het op drie plase geboer, die een waarop my broer Willem boer, Renosterhoek en dan Ruigtevlei. Dit het sowat vyf jaar geduur en toe het ek op Ruigtevlei en’ n deel van Renosterhoek, wat ek by my ma gekoop het, aangegaan.”
Cassie meen graanboerdery is een van die minder ingewikkelde boerderye, maar het steeds sy eie uitdagings.
“ Elke streek het maar sy eie uitdagings en omstandighede en oor die jare wat ek nou al boer, het dit soms swaar gegaan, maar as jy terugkyk hoe’ n mens oor die jare uitgebrei het, is jy dankbaar. Ek het’ n kwart by my pa gekry en driekwart van wat ek vandag boer, bygekoop. En dis klaar betaal. Dan het ons mos darem ook gelewe, die kinders laat leer en vliegtuie gekoop,” vertel hy.
3. Kanolalande staan vol in blom en met die goeie pryse van die gewas tans kan dit’ n goeie oes word.
3.
MARKtoe! September 2026 51