LANDBOU
LANDBOU
tot 5 mm gekerf. Dit word daarna gekneus deur met trekkers daaroor te ry sodat die teesap uitkom. Dit is noodsaaklik vir die chemiese reaksies in die tee tydens fermentasie.
“ Dieselfde dag word die gekerfde tee op die baan in lang rye gegooi( sweethope) en natgemaak. Dit word so gelaat vir omtrent 16 uur sodat die fermentasieproses kan begin. Nou verander die kleur van die tee en word die geur kenmerkend.’ n Mens moet versigtig wees om dit nie te lank so te laat lê nie, anders verander dit in kraalmis, met die blare wat swart verkleur.
“ Die volgende oggend, as ons die fermentasieproses wil stop, word die hope oopgekrap en in’ n dun laag oor die warm betonbaan oopgesprei. Dan word dit vir omtrent ses tot agt uur so gelaat, waarna dit meganies opgevee en in massasakke geberg word voordat dit na verwerkingsaanlegte gestuur word.”
Herman vertel dat die voginhoud van die tee krities belangrik is. Die natmaak van die tee is belangrik vir die fermentasie.“ Dit is’ n kombinasie van suurstof, vog en hitte wat fermentasie aanhelp en die temperatuur binne-in die teehope kan tot hoër as 40 ° C styg.
“ Die maklikste manier om te bepaal of die voginhoud reg is, is om’ n handjievol tee op te tel en dit hard te druk. As daar’ n dun straaltjie vog uitloop, is die voginhoud baie naby aan 65 %, wat ons verlang.
“ In die verlede is gesê ons wit sandgrond lewer tee van’ n swakker gehalte, maar ek sê as jy as teebaanoperateur meer moeite doen, kan jy tee van goeie gehalte produseer. Dit gaan gepaard met ekstra moeite en die benutting van hoër tempe-
0 MARKtoe! September 2026