MARKtoe! September 2026 - Uitgawe 141 | Page 41

LANDBOU

Die tee word meestal met die hand gesny. Veral waar die bosse geiler groei en sytakke het, is dit makliker om hulle met die hand by te kom as wat’ n snymasjien dit sou kon doen.

“ Die tee word afgesny en in seiltjies gebind en geweeg. Dan word dit op’ n wa gepak en na die kerfmasjiene geneem. Elke seiltjie word omtrent sewe keer hanteer voordat die tee in die kerfmasjiene beland. Maar ons snyers werk noukeurig en is trots op hul werk.’ n Flukse snyer kan soveel as 1,5 t tee per dag oes en in hierdie hitte is dit nie kinderspeletjies nie. Ons probeer om sowat 15 t nat tee per dag op die droogbane te kry,” verduidelik Herman.

Van groen plant tot rooibostee

LANDBOU

In teetyd moet die baan ses dae per week werk en Willie vertel hoe die proses inmekaarsteek.

“ Die tee word gesny en na die baan gebring. Die volgende dag werk die kerfmasjiene onverpoos om die vrag gekerf te kry. Die takkies word meganies in fyn stukkies van ongeveer 1 mm

5. Herma saam met die skaaphond Chase en die donkie Gousblom, wat die skape help oppas.

5.

MARKtoe! September 2026 41