MARKtoe! September 2026 - Uitgawe 141 | Page 40

LANDBOU
LANDBOU

4.

4. Willie en Herma Schoeman saam met Herman Rossouw en Clinton Mouton, bestuurder van Agrimark Eendekuil.

Willie Schoeman, Herman se skoonseun, is soos sy vrou’ n rekenmeester, maar het uitgebreide ervaring in die rooibosteebedryf. Hy glo ook daarin om die tee terug te hou totdat die prys reg is.“ Ons verkoop self tee hier en daar uit die hand en gewoonlik ook tee wat ten minste twee jaar gelê het, soms tot vyf jaar lank. Die veroudering bring mee dat die tee’ n lekker soet heuningreuk kry. Jy kan ruik as die tee verouder het.”

Om goeie rooibostee te maak, is nie sommer’ n hierjytaak nie en dit verg fyn beplanning en deeglike kennis van die produk en die natuur.

Dis’ n baie seisoenale gewas en teemaaktyd is in die warm maande van die jaar, tussen Januarie en Maart of April, wanneer dit maklik in hierdie geweste bo 45 ° C raak. Die warmte van bo en die weerkaatsing van die sonlig op die sementblad veroorsaak dat dit voel asof jy van bo en onder af braai.

40 MARKtoe! September 2026