LANDBOU
joune en die res is die ander mense s’ n,’ was sy antwoord. Dit het my gemotiveer om my eie droogbaan aan te lê, iets waaroor ek vandag glad nie spyt is nie,” vertel Herman oor die begin van sy reis met hierdie gesogte produk. So het hy ook sy vervoerkoste ingekort, omdat hy nie meer byna daagliks in oestyd Clanwilliam toe hoef te ry om tee af te laai nie.
Beheer oor sy eie tee
LANDBOU
Die droogbaan is in 2001 gegooi, maar die probleme met rooibostee en salmonellabesmetting het pryse afgedruk. Een van sy kopers het aangebied om vir hom slegs 50 % van die waarde van sy tee te gee en die ander 50 % as sy vergoeding te neem. Dit was die laaste strooi.
Nou het hy beheer oor sy eie produkte en kan hy die tee stoor totdat die mark reg is. Jy kan tee vir jare stoor as die omstandighede reg is.“ En buitendien smaak rooibostee wat verouder is, baie lekkerder as varsgesnyde tee. Tee is soos goeie brandewyn,” vertel Herman.“ Hoe langer jy dit hou, hoe geuriger raak dit.”
www. joostecylinders. com
MARKtoe! September 2026 0