MARKtoe! September 2026 - Uitgawe 141 | Page 38

LANDBOU
LANDBOU

3.

Verskillende inkomstestrome

Meerlandsvlei is’ n tipiese wintergraanplaas waar koring, kanola, hawer, lupiene en gars verbou word. Dit word ondersteun deur’ n stewige kudde Dohne-Merinoskape en’ n trop vleisbeeste wat tesame met die gesondheidsprodukte verseker dat hier verskillende inkomstestrome is wat dwarsdeur die jaar aktief is.

“ Ek is al sedert 1985 by rooibostee betrokke en het al drie keer meegemaak dat die pryse en die bedryf as geheel onder die vloer gaan draai het. Met die lewering van my tee aan ander kopers het ek besef dat ek soveel as moontlik self moet doen. Ek het by die man aangekom vir wie ek tee gelewer het en wou kyk wat hy daarmee maak. Ons het na sy droogbaan gestap wat toe onder die tee was en ek het hom gevra waar my tee dan is. Hy het so rondgekyk, geaarsel en met sy voet’ n streep deur die tee op die droogbaan getrek.‘ Daardie kant is

3. Rooibostee word in lang rye op die droogbaan uitgegooi om droog te word.

38 MARKtoe! September 2026