Limagrain se hoë standaarde verseker betroubare saad vir elke produsent
ELKE SAADLOT
LG Ancia | LG ALBATROS( NUUT) | LG FISANT( NUUT)
ADVERTENSIE-ARTIKEL
Limagrain se hoë standaarde verseker betroubare saad vir elke produsent
Planttyd laat min ruimte vir onsekerheid. Die lande is voor- berei, insette is aangekoop en die planter moet loop sodra die toestande reg is. Teen daardie tyd wil’ n produsent weet dat die saad in die planter deeglik getoets is en gereed is om sy deel te doen.
Saadkwaliteit beïnvloed ontkieming, vestiging, stand en uiteindelik die opbrengspotensiaal van die gewas. Daarom beskou Limagrain saadkwaliteit as een van die belangrikste vertrekpunte vir’ n suksesvolle produksieseisoen.
Limagrain se saad voldoen aan die vereistes van die Plant-verbeteringswet en die Suid-Afrikaanse Saadsertifiseringskema. Die maatskappy stel egter ook sy eie interne gehaltestandaarde, wat strenger as die voorgeskrewe minimum vereistes is. Elke saadlot word deeglik getoets voordat dit aan produsente beskikbaar gestel word.
ELKE SAADLOT
word deeglik getoets voor dit aan produsente beskikbaar gestel word
’ n Belangrike deel van dié proses is groeikragtigheidstoetsing, oftewel vigour testing.’ n Standaardontkiemingstoets wys hoeveel saad onder gunstige laboratoriumtoestande ontkiem. Soos elke produsent weet, is toestande op die land egter selde ideaal. Grondtemperatuur, vog en ander omgewingsfaktore kan’ n groot invloed op opkoms en vestiging hê.
Groeikragtigheidstoetse help daarom om’ n beter aanduiding te gee van hoe sterk die saad is en hoe dit waarskynlik onder minder gunstige veldtoestande sal presteer. Daar word onder meer gekyk na die saad se groeikragtigheid en vermoë om sterk en eenvormig te vestig.
Limagrain bestee heelwat tyd en hulpbronne aan hierdie gevorderde toetsing om laboratoriumresultate so na moontlik aan verwagte veldprestasie te bring. Vir die produsent beteken dit groter vertroue dat die saad nie net onder ideale toestande sal ontkiem nie, maar ook die groeikragtigheid het om’ n goeie begin in die land te maak.
Deeglike saadtoetsing help om die risiko van swak vestiging te beperk en verhoog die kans op’ n sterk, eenvormige stand. Dit ondersteun die opbrengspotensiaal van die kultivar en bied waardevolle gemoedsrus in’ n tyd van die seisoen wanneer elke besluit tel.
Geskryf deur: Lyniarie Erwee | Gehaltebeheerbestuurder: Limagrain Field Seeds E: lyniarie. erwee @ limagrain. com verseker jou opbrengs is in‘ n ander liga!
Koring in‘ n ander liga.
Natuurlik.
LG Ancia | LG ALBATROS( NUUT) | LG FISANT( NUUT)
Uitstekende potensieële opbrengs, staanvermoë en perfekte groeiklas.
www. lgseeds. co. za
MARKtoe! September 2026 0