MARKtoe! September 2026 - Uitgawe 141 | Page 33

LANDBOU
LANDBOU

10.

10. Die ou plaashuis op Goedemanskraal dateer uit 1779 en word in’ n gastehuis met vier slaapkamers omskep, elk met sy eie badkamer.

Nog baie planne

“ Ons het baie planne. Die damme in die klowe en die kanalisering van water hierheen, sonder om die bure se water af te keer, vorm deel hiervan. Daar is sterk boorgate wat nog nie in gebruik is nie en ons sal dit inrig en met sonkrag aandryf. Marli gaan baie met diere werk en is lief daarvoor. Daar is baie kursusse oor beeste en skape beskikbaar en mense is baie gewillig om raad te gee en kennis te deel. Louis is ook’ n goeie leermeester vir haar.

“ Ek is optimisties oor die landbou in die breë en sal nie uit die land trek nie. Ek het nie daardie visie om iewers anders heen te gaan nie. Die meeste mense wat die land verlaat, kom in elk geval terug. En boonop gaan SARS nou begin toeslaan op daardie verdienste.

MARKtoe! September 2026 33