MARKtoe! September 2026 - Uitgawe 141 | Page 32

LANDBOU
LANDBOU

behou. Ons het’ n nuwe skyf laat maak wat bo-oor die rye, wat 1,2 m uitmekaar geplant word, loop en die grond en onkruid omdol. Ons mag geen chemiese middels vir onkruidbeheer spuit nie omdat die reste daarvan in die rooibostee opgespoor kan word, iets wat buitelanders nie kan duld nie.”

Hy vertel die hele seisoen moet verkieslik nat wees sodat jong plantjies geplant kan word. Dan word daar eers vanaf jaar twee geoes, wanneer die plantjies ten minste 500 mm bo die grond gesny kan word. As dit korter gesny word, maak dit die plante seer en kan hulle doodgaan. Hulle spuit drie keer per jaar vir insekte en muggies en soms’ n bietjie blaarvoeding, maar alles met natuurlike produkte soos dié met’ n kelpbasis. Hulle verwerk ook hul eie gesnyde rooibostee met hul eie kerwers. Die tee word dan op die plaas se droogbane gedroog voordat dit na verwerkers gestuur word.

Tans lewer hulle hul tee aan Carmién Tee, Khoisan Tea en Cape Rooibos en sal kyk hoe dit gaan, maar glo nie daar gaan vanjaar vuurwerke wees nie.

9. Werkers van Agrimark Eendekuil installeer’ n nuwe dieseltenk van 14 000 l op die plaas.

9.

32 MARKtoe! September 2026