MARKtoe! September 2026 - Uitgawe 141 | Page 31

LANDBOU
LANDBOU

8.

8. Die rooibosteekerwers staan gereed vir die nuwe seisoen en die droogbaan sal binnekort weer met rooibostee bedek wees.

van ongeveer vyf of ses jaar en daar moet voortdurend nuwe plantjies bygeplant word om in die produksiesiklus te kan bly.

Rooibos bied groeipotensiaal

“ Ons wil ten minste 100 ha per jaar vestig omdat rooibostee min insetkoste vereis en goeie opbrengste lewer. Met my kontakte wat ek deur die sonkragbesigheid in China opgebou het, is daar ook moontlikhede om die tee dan direk daarheen uit te voer. My agent daar is gretig om betrokke te raak en kan baie vir so’ n projek beteken.

“ Ek leer baie oor die rooibosteebedryf en weet nou waar, hoe en wanneer daar geplant moet word om die beste opbrengste te verseker. Vog is krities vir die jong plantjies, maar hulle moet ook genoeg water kry om goed uit te groei. Droë weer in planttyd veroorsaak dikwels dat die wind die sand oor die klein plantjies waai. Onkruid kan’ n probleem raak as dit nie reg bestuur word nie, maar kan ook benut word om grondvog te

MARKtoe! September 2026 31