MARKtoe! September 2026 - Uitgawe 141 | Page 30

LANDBOU
LANDBOU

Sitrus vir uitvoermark

“ Ons het nou sowat 5 ha laat sitrus wat vir uitvoer geoes word. Mouton Sitrus doen dit vir ons. Hulle stuur spanne in wat weet hoe om die lemoene te knip en dan verpak en bemark hulle dit verder. Die bome is baie jonk, maar dra reeds goed. Ons gee nou baie aandag aan die sitrusboorde deur baie water en kos te gee en die boorde skoon te maak. Volgende jaar word nog nuwe blokke beplan. Ek wil dit inbring sodat ons nie net’ n koringinkomste het nie. Daar moet konstante inkomste wees, anders wil die somme nie klop nie,” sê Avi.

Madelein sê dis lekker om te sien hoe dinge stelselmatig groei en ontwikkel.“ Dit is uitdagend, maar ons wil nêrens anders wees nie en ek het mos’ n duidelike antwoord gekry.”

Goedemanskraal spog ook met sowat 250 ha rooibostee, iets waaraan ook aandag gegee word. Teebossies het’ n leeftyd

7. Louis Botha is die bestuurder op Goedemanskraal en hy en Avi kom al’ n lang pad saam.

7.

30 MARKtoe! September 2026