LANDBOU
LANDBOU
6.
6. Avi is besorg oor sy graanlande en hoop saam met ander graanprodusente in die distrik op opvolgreën.
“ Ek het ook die implemente om stroop- en ploegdienste vir ander produsente te kan aanbied sodra ons self klaar geplant het. So kan ons ons kontantvloei versterk en met bale het jy elke maand kontant wat inkom. So ook met die vee. Ek het redelik baie met Bonsmaras en Angusse geboer en wil hulle hier vestig. Ons het nog nie begin koop nie, maar dit kom.
“ Ek dink ons moet’ n bietjie vashou, want ek dink die beespryse gaan met die komende El Niño afkom. Nog’ n maand of twee, drie. Die mense begin reeds vra vir weiding. Hier is nou baie kos en ons het nog 1 000 ha wat nie geplant is nie, maar wat as weiding gebruik kan word.”
Hy vertel hy vrek oor’ n skapie, veral Damaras, maar hier is baie ongediertes, soos rooikatte en luiperds, wat groot skade aanrig. Hulle sal beheer moet word en hy wil sommer’ n elektriese draadjie om die kampe span om die roofdiere uit te hou.
MARKtoe! September 2026 29