LANDBOU
LANDBOU
kamers Akker, Bloekom en Koringblom gedoop is. Die gastehuis behoort binne die volgende maand of twee gereed te wees vir hul eerste besoekers.
“ Die ou huis dateer van 1779 en ons doen nou die afronding. Dan kom die kleiner huise langsaan aan die beurt en later die kapel, wat’ n asemrowende uitsig oor die vallei gaan bied. Ons wil dan troues en onthale hier aanbied.”
Avi glo die plaas het uitstekende infrastruktuur, met store, skure en genoeg water.“ Onthou, ek kom uit die Kalahari, so water is kosbaar,” skerts hy.
Hy het groot planne om lusern en teff aan te plant en onder spilpunte te besproei, vandaar sy planne om nog damme te bou, bestaandes te vergroot en sonpanele vir hul eie elektrisiteit aan te lê. Hy het’ n gaping in die mark vir perdevoer gesien en glo hy kan deur ander gewasse ook te baal’ n verdere inkomstestroom skep.
5. Rooibosteelande op Goedemanskraal – dit is een van die gewasse wat Avi en sy span verbou.
5.
28 MARKtoe! September 2026