“ Ons het’ n besliste teken gekry om hier te koop,” vertel Madelein op die stoep van die huis wat oor die Eendekuilvallei uitkyk.
“ Ons wou baie graag hier kom bly, maar die prys was hoog en ná die veiling is ons aanbod nie aanvaar nie. Ons was weg vir die naweek en het gepraat oor die teleurstelling en hoe graag ek hier wou bly. Ek het’ n skietgebedjie opgestuur en die volgende oomblik kom daar’ n sydisselblom aangesweef,’ n vol een met steeltjie en al. Dit was vir my die teken. Daardie Dinsdag bel hulle ons en sê die aanbod is aanvaar en Goedemanskraal is ons s’ n.”
’ n Nuwe lewe vir die ou werf
Sy sê dat daardie blommetjie in Nederland’ n paardenbloem genoem word en dat sy die gastehuis wat hulle nou ontwikkel, daardie naam gegee het. Haar ma se naam was Grietjie en een van die vier slaapkamers dra dié naam. Elke kamer het sy eie badkamer, terwyl die ander