LANDBOU
“ Hierdie grond van ongeveer 2 450 ha het ons harte gesteel ondanks die feit dat dit maar afgeskeep is. Die lemoenboorde het nie te waffers gelyk nie en daar is ongeveer 1 100 ha koring gesaai.
“ Ek het kenners hier gehad om raad te gee oor wat ons moes spuit en watter bemesting nodig is. Een het gesê ons moet vir witluis spuit. Nou, 1 100 ha teen R290 per hektaar is’ n klomp geld. Die ander het gesê ek moet wag tot die temperatuur tussen 24 en 25 ° C is, dan sal die luise self padgee. Dit is maar’ n rand-en-sent-ding, veral hier aan die begin.”
Hulle het ook al die werkers saam met die plaas oorgeneem en hulle is goud werd. Avi se regterhand, Attie Swart, is op die plaas gebore en ken die grond deur en deur.
Bewerk met’ n doel
LANDBOU
Oor minimumbewerking van sy landerye het Avi’ n spesifieke siening.“ Dit kan werk en is noodsaaklik om insetkoste
MARKtoe! September 2026 0