MARKtoe! September 2026 - Uitgawe 141 | Page 24

LANDBOU
LANDBOU

4.

4. Goedemanskraal se koring lyk goed, ondanks die droër as verwagte toestande.

en inverters en alles wat nodig is vir die installering van sonkragstelsels. Ek wil juis nou hier op die plaas ook sonpanele installeer sodat ons goedkoper krag beskikbaar het. My dogter Grethe en haar verloofde, William, werk ook daar. My ander dogter, Marli, is hier op die plaas en stel belang om by die bees- en skaapboerdery betrokke te raak terwyl sy tans haar ma, Madelein, met die algemene administrasie help.”

Grond wat hul harte gesteel het

Avi vertel hulle het sowat twee jaar gelede begin om grond in die omgewing te soek, ook in die Overberg en Swartland, maar kon nie iets kry wat hulle aangetrek het nie. Sy vereistes was baie hoog en een daarvan was dat daar genoeg water moes wees. Ná’ n lang soektog het hulle die grond gekoop nadat hul aanvanklike veilingaanbod nie aanvaar is nie.

24 MARKtoe! September 2026