MARKtoe! September 2026 - Uitgawe 141 | Page 23

LANDBOU
LANDBOU

3.

onkruidbeheer kan doen nie. Ons het dit nie so beplan nie, maar dis hoe dit gebeur het,” vertel Avi.

Avi was op Upington op skool, maar het saam met sy huidige bestuurder, Louis Botha, landboubestuur op Worcester gestudeer. Louis het vir 25 jaar in die vrugtebedryf in die Wolseleyomgewing gewerk. Avi se verbintenis met Agrimark het ook lank reeds begin toe hy saam met die Agrimark-tak op Upington’ n tak op Khois begin het, wat heel suksesvol en aktief was. Tans verhuur hy sy grond daar, maar voel hy moet eintlik maar daar wees om’ n ogie te hou.

“ Ons wou al lankal hierheen kom, maar dinge werk mos nie altyd uit soos jy dit beplan nie. Sowat 17 jaar gelede het ek’ n sonkragonderneming, Solar Solved Africa, begin wat goed gewerk het. Ons het sonpanele ingevoer, tesame met pompe

3. Die lemoenboorde op Goedemanskraal is nou vol in drag en gaan ná die oes opgeknap en uitgebrei word.

MARKtoe! September 2026 23