LANDBOU
LANDBOU
Lesse in die eerste seisoen
Avi vertel dat hy maar na die raad van bure en ander landbouers in die omgewing geluister het toe hy moes besluit wanneer hy moet plant.“ Ons is inkommers en almal het gesê ek moet so gou as moontlik plant. Die oordrag van die grond het weens haakplekke gesloer en ons kon eers baie laat die saad in die grond kry. Ons het binne’ n maand 1 300 ha gesaai. Dit was omstreeks 10 Mei vanjaar. Ek weet baie saaiboere wag vir die eerste reën omdat voëls en muise die saad optel as dit te droog is, maar ons het besluit om te plant en is nie spyt daaroor nie. Ons het reeds in ons eerste jaar hier geleer dat as jy in droë grond plant en die goed kom op, jy nie lekker
2. Avi van Wyk en Clinton Mouton, takbestuurder van Agrimark Eendekuil, voor die lemoenboord op die plaas.
2.
22 MARKtoe! September 2026