LANDBOU
LANDBOU
1.
AVI, MADELEIN EN MARLI VAN WYK | GOEDEMANSKRAAL
Avi van Wyk en sy vrou, Madelein, boer nou maar die afgelope vier maande op Goedemanskraal, sowat 8 km oos van Eendekuil. Boerdery is egter nie vreemd aan hom nie en hy het sy landbouverbintenis in Namibië naby Khois begin, waar hy tans nog grond besit en al vir 10 jaar boer.
“ Ons is nog besig om ons voete deeglik te vind, maar ons spuit nou tee terwyl ons hoop vir nog reën. Die gesaaides is kort, die bure s’ n is lank, maar ons is in dieselfde moeilikheid,” sê hy met verwysing na die dreigende droogtetoestande in die omgewing.“ Die reën bly tans maar’ n uitdaging en ons was gelukkig om onlangs darem so 13 mm te kon kry.” Hy meen die Eendekuil-omgewing lyk beter as baie ander plekke, soos net om die draai by Porterville waar dinge maar moeilik gaan.
1. Marli, Madelein en Avi van Wyk op die plek waar hulle’ n kapel wil bou wat’ n asemrowende uitsig oor die Eendekuilvallei sal hê.
MARKtoe! September 2026 21