LANDBOU
LANDBOU
produseer.“ Ons gebruik ons eie koring, gars en hawer en voeg hoëproteïenkragvoer by om die voedingswaarde te verhoog.”
“ Ons lewer ook’ n verwerkingsdiens waardeur produsente hul eie roumateriaal verskaf tesame met hul eie mengvereistes vir die pille. Ons verwerk en meng die Klipkoelvoerpille volgens hul voorskrifte en insette van voerontleders. Dit word onder meer gebruik om ramme mee groot te maak. Dit is al by verskeie landbouwinkels gelys en ons verkoop ook uit die hand.”
Buiten die koring en hawer saai hulle ook kanola, gars en lupiene vir weiding en voer vir die diere. Vleismerino’ s, met ongeveer 400 ooie, en’ n trop Bonsmara’ s is die lewende hawe wat ook op Klipfontein loop.“ Ons werk nog aan die beeskudde, wat net kommersieel aangewend word, en mense sê mos die eerste 10 beeste is die beste 200 wat jy kan kry. Die skape kom al lank aan, maar die beeste is hoofsaaklik danksy ons seuntjie Thinus, twee en’ n half, wat dol is op hulle,” meen Erick.
9. Erick by die voerpilmasjien wat hy self help bou het. Hiermee maak hy gespesialiseerde voerpille op aanvraag.
9.
MARKtoe! September 2026 17