LANDBOU
LANDBOU
10.
Elke ding het sy seisoen
Nog is het einde niet. Rooibostee en’ n groeiende vervoeronderneming is ook op die kaarte. Volgens Frikkie het elke ding sy seisoen en hou dit alles hulle deur die jaar besig. Die diversifikasie is belangrik om veilige inkomstestrome te skep.
Of dit nou aartappels, voerpille, beeste of skape is, by die Engelbrechts( of is dit dalk die Frikkies) van Klipfontein is daar nooit’ n ledige oomblik nie. En as jy dink dit is te stil, kom die oproep dat kreef op die vuur is. Dis asof dit’ n magnetiese krag het en binnekort is die hele familie daar om in hierdie besonderse Weskuslekkerny te deel, al vir geslagte in die verlede en sekerlik ook nog lank in die toekoms.
10. Die voerpille word van verskillende gewasse gemaak, volgens die voorskrifte en vereistes van individuele kliënte.
18 MARKtoe! September 2026