LANDBOU
LANDBOU
8.
8. Thinus is dol op trekkers en is by wanneer die wiele begin draai.
moere kan lank in die koelkamer gehou word, met die ideaal so drie tot vier maande. Na ongeveer vyf weke breek die dormansie en word die moere gesinchroniseer sodat hulle, wanneer hulle geplant word, almal gelyk kan uitloop. Dit is’ n belangrike fase van die voorbereiding van die knolle vir die plantseisoen.
Die landerye word in vyfjaarsiklusse geplant en elke vyfde jaar word die lande braak gelaat om grondsiektes te beperk. Intussen word weiding op die landerye geplant om die grondgesteldheid te versterk. Sommige produsente berook die lande om die grond te steriliseer. Kunsmis word wel toegedien, afhangend van omstandighede.
Eie voerpilaanleg
Maar daar is nie net aartappels op Klipfontein nie. Erick het’ n voerpilaanleg op die plaas begin en kan tot 400 t per maand
16 MARKtoe! September 2026