LANDBOU
LANDBOU
6.
6. Aartappelsorteerders word gebruik om die aartappels in verskillende klasse te verdeel.
virusse en ander aartappelsiektes maar gering. Ons plant net seisoenaal en die breek doen die grond goed.”
Die erns waarmee hy sy aartappelboerdery benader, word weerspieël in die feit dat hy in 2013 as een van die finaliste vir die Bayer Seed Potato Grower of the Year-toekenning aangewys is. Hy is dus nie bloot’ n gewone aartappelboer nie, maar het sy merk in die gesertifiseerde moerkwekerybedryf gemaak. Hierdie toekenning is tekenend van Frikkie se bestuurspraktyke en die fokus op die produksie van gehaltemoere.
Voor die oes word die aartappelplante doodgespuit om die aartappels te sinchroniseer.“ Fisiologies raak hulle nie almal gelyk ryp nie. Die knolle is klaar gevorm, maar moet gelyk ryp en groter word. Terwyl die aartappels groei, is die skil los van die vleis, maar ná die doodspuit vestig die skil binne sowat drie weke. Die tafel-aartappelmanne laat aartappels natuurlik
14 MARKtoe! September 2026