LANDBOU
en die herskepping van belangrike migrasieroetes – nie net van soogdiere nie , maar veral van insekte en bestuiwers wat plante in die bioom bestuif en die voortbestaan daarvan verseker . Ons het ook al seekoeie hervestig en hier is talle elande en ander boksoorte . Ons is ook deel van die Bergkwaggateelprojek en deur middel van die beskermde gebied word tuiste aan ongeveer 290 voëlspesies gebied . Die diversiteit hier is verstommend en daar is meer spesies op die Agulhasvlakte van 200 000 ha as in Europa en Noord-Amerika saam ,” vertel Ross .
Wat die area veral ook uniek maak , is dat al die nasionale diere en plante van Suid-Afrika hier voorkom – die nasionale voël , die bloukraanvoël , die nasionale vis , die galjoen , die nasionale blom , die protea , die nasionale bok , die Springbok – en dit aan die suidelikste punt van die Afrikavasteland .
Hadre sê dit is veral verblydend dat dit by die SMA werklik oor bewaring gaan . “ Die projek is ‘ n wêreld-eerste en is baie suksesvol . Hier kom alle hulpmiddels , en geld , op die grond uit en fondse raak nie weg soos in sommige ander projekte nie . ‘ n Mens kan danksy die bewaringspogings deur die ontbossing van indringerplante ‘ n verandering in die habitat en
Elke koei word individueel rekenaarmatig gemonitor en kry ‘ n spesifieke kombinasie voer terwyl sy op die draaitafel staan om gemelk te word .
9 MARKtoe ! September 2023