MARKtoe! SEPTEMBER 2023 Uitgawe 108 | Page 10

LANDBOU

dierelewe sien .” Op pad na die melkery op Nuwedam vertel Hadre ons die geskiedenis van Melkbos waar sy ma grootgeword het en hoe hy in 2003 weer dele van die oorspronklike plaas kon terugkoop om weer deel van die familiegrond te vorm .

“ Die trust het die grond gekoop . Ek het al vir my seun , Urban , wat sy oupa se naam dra , gesê dis bloot ‘ n geleentheid wat aan ons gegun is om iets daarmee te maak en dit hopelik te verbeter .”

Hy is baie beskeie as daar gevra word hoeveel hektaar hulle bewerk , wat hul opbrengste is en hoeveel hulle melk . Maar is tog trots om sy melkstalle en sy kalwers se grootmaakplekke te wys .

“ In 2013 wou ons ophou om ons 300 koeie in 2 stalle te melk – dit was nie meer ekonomies nie . Toe kom Nuwedam in die mark nadat planne van die Ierse eienaars om dit in ‘ n gholflandgoed te omskep deur die mat geval het . Dit was die geleentheid wat ons gegun is om die huidige melkery staan te maak . Ons het ook met ander produsente in die omgewing , uit Baardskeerdersbos se gebied , saamgespan en ons melk aan Ladismith Kaas begin lewer .”

James Qwampi is die bestuurder van die melkstal en ken feitlik elke koei individueel .
10 MARKtoe ! September 2023