MARKtoe! SEPTEMBER 2023 Uitgawe 108 | Page 8

LANDBOU

Pratt , het dit uitgebrei en met verloop van tyd nog stukke grond bygekoop en dit gekonsolideer om ekonomies te kon boer

Hadre is een van die lede van die Nuwejaarsvleiland spesiale bestuursgebied ( SMA ), ‘ n bewaringsprojek wat ten doel het om die unieke en sensitiewe Agulhasvlakte-vleiland te beskerm en tot sy natuurlike toestand te herstel . Die beslaan ‘ n gebied van ongeveer 47 000 ha en sluit 27 verskillende grondeienaars in wat elkeen ‘ n bindende onderneming onderteken het om deel van die projek te bly . Die voorsitter van die organisasie is Dirk Human , tans eienaar van Black Oystercatcherwyne , wie se pa , ironies genoeg , die laaste seekoei in die omgewing geskiet het . Vandag staan hy aan die ander kant en was hy instrumenteel om hierdie soogdiere hier hervestig te kry .

In die SMA se kantoor naby Haasvlakte verduidelik Ross Kettle , die operasionele bestuurder , die doelwitte van die projek en wat tot dusver bereik is .

“ Ons fokus op die uitroei van verskeie indringer-plantspesies

Een van die groot New Hollandtrekkers wat Hadre en sy span gebruik om sy landerye te bewerk .
8 MARKtoe ! September 2023