LANDBOU
balans : die forse Hadre , sy kragtige 4x4-bakkie en dan die piepkleine Maya , ‘ n yorkshireterriër met lang hare , klein ogies en ‘ n harde stem wat skynbaar onafskeidbaar van hom is , orals saam met hom gaan en die meeste van die tyd op sy voorarm lê .
“ Maar die belangrikste van alles vir my is dat ons landbouers is en nie mynbouers nie . Ons wil nie net uit die grond haal nie , maar ons het ‘ n verantwoordelikheid om ook op die een of ander manier terug te sit .” En dit kan mens deurgaans in sy benadering tot die landbou sien .
Op Haasvlakte vertel hy hoe belangrik die omgewing vir hom is en dat bewaringslandbou hom na aan die hart lê . “ Toe ons kinders was en in die koringlande gespeel het , kon ons honderde lady birds in die graanhouers kry . Toe is daar gesê hulle is ‘ n pes en wat met insektedoders bestry moes word . Vandag weet ons dat hulle vleisvretend is en eintlik die insekte wat die graan aangeval het as prooi gehad het . Hoe verkeerd kan ‘ n mens wees ?”
Sy oupa , Henry Pratt , het Haasvlakte gekoop en sy pa , Urban
Reusagtige spuittpompe met ‘ n boomlengte van 30 m word gebruik om die landerye te bespuit .
7 MARKtoe ! September 2023