HADRE PRATT - HAASVLAKTE
LANDBOU
HADRE PRATT - HAASVLAKTE
Die Pratt-familie is net so eie aan die Strandveld as die golwende gesaaides en die fynbos . Hadre Pratt sit in sy dorpskantoor op Bredasdorp wanneer ons ontmoet , maar dis gou duidelik dat hy eerder buite op die plaas wil wees .
Sy oupa het in 1949 die plaas Haasvlakte in die Strandveld gekoop . Hul voorvaders het die Bredasdorp-omgewing in die laat 1800 ’ s hul tuiste gemaak op die plaas Elandsvlei naby Arniston en sedertdien het die familie sy merk op die Strandveldse gemeenskap en veral die boerderybedryf gemaak .
Hadre Pratt staan tans aan die hoof van die Pratt-familietrust wat in die omgewing boer . Hy is die vierde geslag wat hier boer en sy seun , Urban ( 14 ) wat tans in die Landbouskool Oakdale is , sien uit daarna om eendag plaas toe te kom .
“ Ons is hoofsaaklik saai- en melkboere en fokus al ons aandag daarop om dit so ekonomies as moontlik te doen ,” vertel Hadre op pad na die melkery op Nuwedam . Die prentjie wat mens kry , is op die een of ander manier effens uit
Koeie word op die draaitafel gevoer en gemelk en dit neem gemiddeld net 8 minute om die siklus te voltooi .
6 MARKtoe ! September 2023