MARKtoe! SEPTEMBER 2023 Uitgawe 108 | Seite 5

LANDBOU

Die Bredasdorp-omgewing van die Suid-Kaap het ‘ n eiesoortige bekoring wat ‘ n mens na aan die natuur laat voel . Die lande is bewerk en gesaai en nou word daar gewag op die komende oes . Skape loop spierwit afgeëts teen die groen van gars- en hawer-lande en nuwe lammers is oral te sien . Hier is wêreldklas produsente vir geslagte lank al besig om deur hul betrokkenheid by die landbou , ‘ n toekoms vir hul families , maar ook die res van Suid-Afrika te bou . En wanneer jy met hulle aan die gesels raak , loop dit maklik oor na ‘ n gesellige kuier . Soos die een oom gesê het : ” As jou ou motor op ‘ n Vrydag hier breek , sorg dat jy pajamas by jou het , want ons gaan jou eers Maandag kan help – as ons klaar gekuier het .”

5 MARKtoe ! September 2023