MARKtoe! SEPTEMBER 2023 Uitgawe 108 | Página 62

WINKEL

verskeidenheid produkte op afslag aan .

Troeteldiertoebehore , insluitend hondebeddens , dieremedisyne en -speelgoed , is veral gewild , en hondekos soos Montego is natuurlik in groot aanvraag .

Ander items wat ook gewild is , is die moderne Jonsson-klerereeks wat duursame hemde , truie , baadjies , broeke en skoene insluit . Die veiligheidskoene en waterstewels is veral gewild onder produsente wie se werkers lang tye in die nat veld moet deurbring en tekkies van Hi- Tec is ook in groot aanvraag .

Vir die nutsman wat daarvan hou om self dinge te bou en te herstel , is Agrimark Bredasdorp die aangewese eenstopwinkel . Krag- en ander gereedskap word in

‘ n veelheid van opsies aangebied , terwyl boumateriaal , van dakkappe tot stene en sand , ook beskikbaar is . Die winkel lewer by klante af en hul bakkie of hul 8 t-vragmotor word daarvoor gebruik .

“ Oor vakansietye en naweke is ons buitelewe-afdeling veral gewild onder besoekers aan die streek en ons is op die punt om ons visgerei uit te brei aangesien baie mense daarvoor vra . Maar ons het reeds baie kamptoerusting , tente , slaapsakke , gasbottels en -plate , braaibenodigdhede , swartpotte en Agrimark se eie reeks kampstoele vir volwassenes en kinders beskikbaar . Ons braaibenodigdhede , soos droë hout wat ons self in sakke van 70 kg verpak , is al legendaries in die streek en mense kom spesiaal

0 MARKtoe ! September 2023