WINKEL
hierheen om dit te koop , tesame met ander items soos roosters en vuuraanstekers .”
Huishoudelike benodigdhede , soos bale toiletpapier en grootmaat skoonmaakmiddels , is van die daaglikse verbruikersgoedere wat in groot aanvraag is en ook deur die talle gastehuise en vakansiehuiseienaars bestel word .
“ Geen winkel kan ‘ n sukses wees as hy nie na die behoeftes van sy klante omsien en verskaf waarvoor hulle vra nie . Ons moet dus deurgaans relevant bly in die aanbod van ‘ n groot verskeidenheid produkte , en deur in die behoeftes te voorsien van die dorp se inwoners , die produsente van die streek en toevallige kopers soos naweek- en vakansiegangers .”
Links : John Moos en Andrew Damons in die nuwe wapenafdeling van Agrimark Bredasdorp . Links onder : Daar is ‘ n verskeidenheid motoronderdele en produkte vir herstel en instandhouding van voertuie beskikbaar . Heel bo : Kampeer- en braaitoerusting maak ‘ n groot deel van die buitelewe-afdeling by Agrimark Bredasdorp uit . Mense ry van ver om hul droë braaihout te kom koop . Bo : Die nuwe Fieldtractrekkerreeks is ook by Agrimark Mechanisation Bredasdorp , direk langs die winkel beskikbaar . Henk de Villiers wys hoe hierdie kompakte dog sterk trekker werk .
Bredasdorp Longstraat 19 , 7280 Tel : 028 424 2479 www . agrimark . co . za Volg Agrimark op :
63 MARKtoe ! September 2023