WINKEL
kan implemente herstel en versien . In ‘ n noodgeval kan masjinerie ook op plase herstel word , sou dit nodig wees .
Die ruim winkel se voorraad is ingestel op wat die klante , die plaasgemeenskap sowel as inwoners van die dorp , wil hê . Heelwat naweekbesoekers en vakansiegangers met huise op Struisbaai en Arniston , besoek die winkel ook gereeld .
“ Daar is gereeld mense wat vir naweke na hul vakansiehuise kom om instandhoudingswerk te doen , en ons kan al die nodige produkte vir hulle verskaf . Ons verfafdeling hou al die groot handelsname soos Durham , Plascon en Dulux aan en ons winkelassistent by die verfafdeling hou deeglik rekord van
elke klant se aankope . So ʼ ’ n persoon kan dalk oor vyf jaar weer ‘ n vertrek laat verf en dan kan ons vir hulle sê watter spesifieke kleur of mengsel hulle aanvanklik gebruik het .”
Nuut by Agrimark Bredasdorp is ‘ n reeks nutsvoertuie wat teen bekostigbare pryse aangebied word . Dit sluit in die kompakte VST-trekkerreeks wat kleiner as die gewone trekker is , ‘ n TGB 4x4- motorfiets ( quad bike ), gewone TVS-motorfietse en die TVSvrag-driewieler . Hierdie reeks voertuie word in samewerking met ‘ n strategiese vennoot uit Indië ingevoer . Die meganisasieafdeling sal die voertuie versien en onderhou .
Volgens Morné is die winkel baie prysgedrewe en bied hulle ‘ n
Links bo : Die troeteldierafdeling van Agrimark Bredasdorp het baie speelgoed vir honde en katte , sowel as medisyne en verskillende troeteldierkos . Onder : Tuinmaak en die kweek van groente en vrugte was nog nooit so maklik nie . Agrimark Bredasdorp bied alles van saad en ander tuinbenodigdhede aan .
61 MARKtoe ! September 2023