MARKtoe! SEPTEMBER 2023 Uitgawe 108 | Page 60

WINKEL
Links bo : ‘ n Groot verskeidenheid krag- en ander gereedskap vir die selfdoen-entoesias en vakansiegangers wat instandhouding by hul vakansiehuise wil doen , word hier aangebied . Regs bo : Die buitelewe-afdeling bied enigiets wat kampeerders of vakansiegangers nodig het – van visstokke en hengelgerei tot kampstoele , tente , braaitoerusting en nog vele meer . Links onder : Die verfafdeling is baie gewild en al die vernaamste handelsmerke word aangehou .

koeëlpunte , geweerkluise en -staanders , geweersakke en ander jagtoerusting . Volgens Morné wag hulle nou net vir die goedkeuring van hul lisensie voordat hulle ook gewere en ammunisie kan verskaf .

“ Die wapenafdeling gaan baie vir ons beteken aangesien daar ‘ n groot aanvraag na hierdie produkte is . Hier is verskeie skietklubs op die dorp en in die omgewing en dit sal ‘ n groot aanwins vir die dorp wees . Henk de Villiers , Handelsklerk , lewer toegewyde diens en hy is reeds onder ons klante bekend daarvoor .”

Die saaibedryf is een van die

groot landbousektore in die Strandveldstreek en Agrimark Bredasdorp verskaf onder meer saad en kunsmis in groot maat wat direk aan die produsente gelewer word , sowel as insekte- en onkruiddoders .

“ Daar is altyd een van ons personeellede by die deur om klante en voornemende kopers te verwelkom .”

Daar is ‘ n groot verskeidenheid produsente in die streek en die winkel is ideaal geplaas om ’ n wye reeks produkte en dienste te verskaf . Die meganisasie-afdeling

60 MARKtoe ! September 2023